Grondonteiening in Suid Afrika

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Geen Landbouer in Suid Afrika gaan toesien dat die regering sy grond sonder vergoeding gaan onteien nie. Die politieke party Cope en Agri SA het reeds aangedui dat hulle gereed staan om enige aanslag in die Grondwethof te beveg. En daarmee saam al die grondeienaars in Suid Afrika.

Volgens die jongste statistiek het grondpryse in sekere dele van die land tot soveel as 32 % verminder. 

Die ANC het reeds aangedui dat hy sal fokus op onder meer ongebruikte grond; vernielde grond waar die eienaar afwesig is; grond wat in onbruik is en vir produktiewe openbare gebruik aangewend kan word; staatsgrond; grond wat histories deur huurarbeiders bewoon word; grond wat se waarde kunsmatig opgeblaas is weens belegging deur die staat; grond wat vir spekulasie gehou word; grond wat aan die Regering geskenk word; grond wat onteien is gedurende apartheid waar die markwaarde nie aan die oorspronklike eienaar betaal was nie en wat die huidige eienaar nie betaal het nie; en grond van eienaars wat voordeel getrek het uit lenings gedurende die apartheid era, soos boere wat lenings onder markwaarde gekry het en nou markwaarde as vergoeding eis.

Volgens die departement is die plase wat vir dié toetslopie geïdentifiseer is, in verskeie dele van die land geleë, en val hulle onder verskeie van die departement se programme, hetsy restitusie of die pro-aktiewe aanskaffingstrategie (Plas) vir die herstel vangrondregte.

Maak nie saak wat die regering doen nie, maar grond sal nie gevat word van die wettige eienaar sonder vergoeding nie.

Ons land se Landbouers en hulle organisasies is al vir jare gerat vir hierdie stap wat 'n groot rewolusie in die land gaan veroorsaak.

Die grondberaad vroeer die jaar was 'n baie goeie gebeurtenis wat baie deure laat oopgaan het vir 'n moontlike orderlike manier van grondonteiening. Sedertdien het die President vir die eerste keer kennis geneem van Landbou en sy mense. 

Die minister van landbou, bosbou en visserye, Senzeni Zokwana, het 300 wit en swart boere in die Oos-Kaap gerusgestel dat die regering nié van plan is om produktiewe boere se grond te onteien nie.

Besonderhede oor wanneer die staat geen of minder vergoeding vir onteiende eiendom gaan betaal, kan waarskynlik in nuwe onteieningswetgewing eerder as in die Grondwet vervat word. Daar steeds baie onsekerhede is, maar daar sal waarskynlik geen veranderings voor die verkiesing plaasvind nie.

As wesentlike wysigings aan die onteieningswetsontwerp gemaak word, sal dit weer deur ’n lang proses van raadpleging moet gaan, wat twee jaar kan duur. 

Onteiening sonder vergoeding bly ’n groot risiko, maar die kanse is goed dat die finale produk baie kwalifiserings sal bevat. Die politieke landskap ná die verkiesing is egter ’n groot veranderlike.

Die howe gaan vol en besig wees en die uitslag sal in die guns van die grondwet wees op die stadium.

As die huidige regering nie hulle hande in die staatskas gehad het nie en hulle self verryk het nie, was daar oorgenoeg geld om grond op 'n wettige manier aan te koop en herteverdeel.

Die beginsel van vergoeding by onteiening word internasionaal erken, hoewel daar verskillende standaarde vir vergoeding bestaan. Internasionaal word onteiening sonder vergoeding slegs in baie beperkte omstandighede toegelaat.

Landbouers het veel meer vir grondhervorming gedoen as wat die regering oor die afgelope 20 jaar reggekry het. Die modelle is daar, dis gedoen  en landbouers weet  hoe om dit suksesvol te doen.

Die afgelope 24 jaar min maatskaplike transformasie plaasgevind het, en ons sit nou met ongelykhede wat groter is as in 1994.

Die ANC is al vir jare agterstallig met hulle beloftes wat hulle nou ingehaal het.

Apartheid wat al jare dood . Rassehaat is op sy ergste in die land agv die regering en sy swak bestuur en korrupsie.

Daar is groot geleenthede vir almal en landbouers neem nou al ’n lang tyd die leiding hiermee en sal soos altyd dit suksesvol afhandel. 

Intussen werk ons Landbouers steeds om Suid Afrika te voorsien van voedsel en is ons dankbaar vir oorvloed voedsel wat produseer word.

Die regering en sy volgelinge is nog lekker vet en sal eers besef wat Landbou werd is wanneer daar nie meer kos op hulle borde is nie. 

Ons landbouers is alreeds besig om die volgende oes in die grond te sit, ten spyte van die feit dat daar nog geen uitsluitsel is oor grondhervormimg nie. 

Johanel ANN