Die Suid Afrikaanse regering se planne bly nog steeds net lippetaal

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Ons beleef tans ʼn krisis. 'n Krises wat soos alle ander krissese verby sal gaan- maar wanneer die krises in jou hande is en jy in beheer daarvan is, is daar hoop.

Maar wanneer dit in die hande van mense is wat nie die kennis en wysheid het om die krises op te los nie- en nie wil luister na raad en aanbevelings van mense met kennis en wysheid nie- dan is dit 'n baie groter probleem. 

Dit is nie net ʼn gesondheidskrisis nie, maar ook ʼn groot ekonomiese krisis – en dalk selfs meer as enigiets anders, ʼn politieke krisis.

Terwyl die meeste Suid-Afrikaners die aanvanklike inperking van drie weke gesteun het om kapasiteit in die gesondheidsektor te verhoog om gereed te wees vir Covid-19, het hierdie steun in die lig van die toenemende irrasionele regulasies en maatreëls wat op die aanvanklike inperking gevolg het, bykans heeltemal verdwyn. Die regering se kat en muis speletjies asook hulle magsmisbruik het duidelik na vore gekom. 

Vir 6 maande is Covid 19 in ons kele afgedruk en is miljoene mense hulle werk kwyt- maar die ergste daarvan is dat die regering van dag een af gewaarsku is, dat meer mense van honger gaan sterf as aan die Covid 19 pendemie. Van Maart tot Junie, tydens die hoogtepunt van die coronaviruskrisis, het besluite van regeringskant gekom met skynbaar min advies daaragter, geen openbare konsultering nie en met vreeslike teenstrydighede. Die bestuur van die ekonomiese groep in die parlement is ’n goeie voorbeeld hiervan. Hulle kon nog nie met ’n ordentlike, samehorige plan vir die ekonomie vorendag kom nie omdat die leierskap geneig is om eerder clichés uit te spoeg.

Ons kan ons egter nie blind staar teen die huidige probleme nie. Namate die ekonomie stelselmatig weer oop gemaak word en ons stadig na normaal begin terugkeer, al is dit dan nou ʼn nuwe normaal, moet ons begin om ernstige vrae te vra oor hoe ons regering hierdie krisis as ʼn geleentheid gaan probeer gebruik en reeds gebruik het. Ons sien daagliks hoe kom alles wat in die donker gebeur het, in die lig.

Die stryd oor die plek wat die staat in ons lewens wil beklee, het reeds voor die krisis gewoed, soos veral voorstelle oor onteiening sonder vergoeding van getuig. Terwyl dit duidelik is dat die aanvanklike ywer vir en dringendheid van hierdie idees ietwat gekwyn het tydens die krisis, begin dit reeds weer momentum kry. 

Maar vir die eerste keer is daar egter ’n werklike kans dat dit kan gebeur – nadat die land ’n Covid-befondsingspakket van $4.3 biljoen van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) ontvang het, is dit hoogs onwaarskynlik dat Suid-Afrika in die toekoms bekostigbare ondersteuning gaan ontvang, tensy hy kan wys dat hy daadwerklik teen wangebruik kan optree.

Die gevolge van mislukte bestuur in Suid-Afrika, die wegvreting van instellings en wegkalwing van wetstoepassing het die land se institusionele vermoë verswak om bevredigend na sy burgers se belange om te sien. Die regering is direk verantwoordelik vir die situasie. 

Die blote feit dat Suid-Afrika nie die ruimte of kapasiteit gehad het om ’n sinvolle inperking toe te pas nie, en eerder ’n brutale benadering gevolg het wat ’n ekonomiese krisis en openbare weersin veroorsaak het, wys duidelik hoekom die staat sy vaardigheidskwosiënt moet opskerp. Die president word omring deur goeie mense wat dalk verstaan hoe belangrik dit is om hierdie kwessie uit te basuin.

Maar dan val ons vas by die fase van gevestigde belange en selfverryking. Dit sou voorkom dat wat heelwat van beleid betref, spektrum byvoorbeeld, ’n mens nie een kwessie voor die ander kan uitbasuin en bevorder nie.  Hoe gaan die ANC finansieel oorleef en hoe gaan senior ANC-figure hul duur leefstyl kan handhaaf as die een ná die ander skelm skenker aan die kaak gestel gaan word? Kan die ANC sonder korrupsie bly voortbestaan?

Die staat se fiskale gesondheid het van wat reeds ʼn ongelooflike laagtepunt was, drasties verder versleg. In sy nuutste begrotingsrede het die minister van finansies, Tito Mboweni, aangedui dat die begrotingstekort vir die jaar eerder 15,7% gaan wees en nie die reeds kommerwekkende 6,8% wat in Februarie aangekondig is nie. Wat beteken dit? Eintlik maar net dat die staat baie minder belasting gaan inkry as wat hy aanvanklik voorsien het (so R300 miljard minder). Tog beteken dit nie dat die staat minder gaan spandeer nie. Trouens, die minister het aangekondig dat ons vanjaar meer gaan spandeer as ooit tevore. Hierdie verskil tussen inkomste en uitgawes beteken dat ons staatskuld vanjaar op meer as 80% te staan gaan kom, eerder as op die 65% wat in Februarie voorsien is. Eenvoudig gestel, minister Mboweni het eintlik reeds volgende jaar en die jaar daarna se belasting gebruik om vanjaar se uitgawes te betaal. Die staat het 60 miljard rand per maand nodig.

60% van alle inkomste gaan vir salarisse van 1, 2 miljoen staatsamptenare ( 2.2% van die bevolking) wat in weelde lewe en waarvan baie min enigsins produktief is. 

Die regering moet liewer sy landburgers beskerm teen korrupsie van sy eie amptenare en boosdoeners as om ondersoek te wil instel na allerhande geldskemas wat blykbaar sorg dat geld onwettig  uit die land gaan. 

Biljoene rande se korrupsie is besig om ondersoek te word- geld wat vir alle inwoners van Suid Afrika bedoel is. Die regering en by name die edelagbare Staatspresident moet sy kop in skaamte laat sak oor wat alles gebeur in die land, onder sy leiding.

Daagliks sien mens hoe Suid Afrika onder die regering stukkie vir stukkie afgebreek word. Dis hartverskeurend om te sien hoe lyk die eens magtige spoorstelsel na 26 jaar om nie eens te praat van 'n lugdiens wat bankrot is nie- dit gebeur as jy mense in beheer plaas wat absoluut geen benul het van besigheid en ekonomie nie maar 'n graad kan wys..- Dis "gulsigheid" in die ware sin van die woord.  

As daar twee lesse is wat ons tot dusver uit hierdie krisis geleer het, is dit eerstens dat state lomp instrumente in ʼn moderne wêreld geword het. As ʼn oplossing wat uit die Middeleeue dateer, het die inperking ongekende ekonomiese skade aangerig en boonop gemengde welslae behaal wat gesondheidsorg betref. Daar kan dus verwag word dat die gemeenskap as ʼn natuurlike entiteit in die volgende tydvak ʼn groter wordende rol in mense se lewens gaan speel. Tweedens het die krisis ons geleer hóé sterk die burgerlike samelewing en gemeenskappe werklik is. Hoeveel toegewings en koersveranderings is nie reeds by wyse van drukuitoefening en hofaksie op die regering afgedwing nie?

Ons moet verwag dat die regering ons spaargeld en ons gesondheidsorg feller as ooit tevore gaan teiken. Alhoewel daar reeds fel aanslae was, gaan dit nou verder verskerp – gelukkig gaan ons sterker as ooit wees ná hierdie krisis en gaan die regering swakker as ooit wees. Tans is die Suid-Afrikaanse regering egter besig om vrye-ondernemerskap aan bande te lê met uitgediende sosialistiese, Marxistiese en revolusionêre denkrigtings, met as fokus groterwordende staatsbeheer oor die produksiefaktore (grond, kapitaal, arbeid en ondernemerskap). Die beoogde wysiging aan artikel 25 van die Grondwet is ’n goeie voorbeeld van laasgenoemde, asook pogings om die Reserwebank te nasionaliseer.

Die krag lê steeds in ons eie hande.. Die onus om ʼn nuwe toekoms te bou en om die vernietigende impak van die regering se idees die stryd aan te sê, berus by ons en ons gemeenskappe. Laat ons hierdie verantwoordelikheid met ywer opneem en onsself oorhaal vir die komende stryd. Ons kan nie bekostig om dit nie te doen nie. Ons kan almal in rus en vrede in die land saamwoon. 

Gegewe die land se vinnig stygende skuldlas en inkomste wat opdroog, sal die regering moet besef dat hy beduidende privaatsektor-belegging nodig het. Maar om dit te kry sal ’n regulatiewe bestel nodig wees wat die bedryf in staat sal stel om ’n goeie wins te genereer. Dit sal waarskynlik die grootste kopskuif van die regering vereis. Met ’n belastingtekort van sowat R300 biljoen vanjaar, vanweë werkverliese en besigheid wat tot stilstand gekom het, kan die belangrikheid van ’n gesonde, lewendige besigheidsektor nie onderskat word nie.

Die skrif is werklik aan die muur in terme van werksgeleenthede en indiensneming vir Suid-Afrikaners.  Geen groep voel hierdie druk, en lees hierdie skrif, duideliker as die jeug van Suid-Afrika nie.  ‘n Onlangse studie toon aan dat 8,2 miljoen Suid-Afrikaners tussen die ouderdom van 15 en 34 nie in opleiding is nie, en ook nie aangestel is nie.  Hierdie syfer staan as ‘n aanklag teen die owerhede van ons land, nie omdat hulle meer moet doen om werke te skep nie, maar juis omdat hulle uit die pad van besigheid uit moet kom wat baie hard probeer om werke te skep. 

Ekonomies het dit bitter lanklaas so moeilik gegaan as tans.  Elke dag lees ons van nog ‘n kleuterskooltjie, salon, of onafhanklike restaurant wat nie na inperking hul deure sal kan open nie, wat natuurlik nie net die eienaar nie, maar ook die jongmense wat pas met hul loopbane begin het, onseker en rigtingloos, maar bowenal werkloos en inkomsteloos laat.

Ten eerste is daar die gedagte dat die regering elke liewe jongmens sal kan indiensneem deur die openbare lonerekening so op te blaas dat dit op breekpunt is.  Hierdie model het nog nooit gewerk nie, en gaan ook nie binnekort begin werk nie, gewoon omdat ‘n regering nie die behoefte het om miljoene jongmense aan te stel wat nie werklik veel waarde kan toevoeg nie. Tweedens is daar besigheid, hetsy hul eie besigheid of ‘n goeie pos by ‘n vooraanstaande besigheid, maar die private sektor van die ekonomie is die plek wat hier bedoel word.  Hierdie sektor het al in die verlede in baie lande groot armoede verlig, en kan dit in Suid-Afrika ook doen.

As ons dan die regverdige aanname kan maak dat geen regering sy jongmense uit armoede sal aanstel nie, en dat besigheid dus die enigste antwoord is, dan is die remedie duidelik: Die regering moet uit die pad van besigheid uit kom!  Regulasies wat die besigheidsektor demp en vertraag moet weggesny word soos grasse wat ‘n paadjie blokkeer. 

Landbou het weer as wenner uitgetree en daarby saam weereens bewys dat Landbou in Suid Afrika gesond is omdat die regering van die dag nog nie sy hande ten volle daarop kon le nie. Ons landbouers het gesorg dat daar oorgenoeg kos is vir elke inwoner van die land. Terwyl sekere lede van die regering en hulle meelopers besig was met korrupsie uit tenders , het ons landbouers kos produseer en gesorg dat daar 'n Inkomste is en dat daar nog werk in landbou is. 

Intussen gaan die regering as deel van sy grondhervormingsplan sowat 700 000 hektaar ongebruikte en leë staatsgrond landwyd vir landboudoeleindes beskikbaar stel. Agri SA het dié aankondiging deur Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, verwelkom, maar terselfdertyd gewaarsku dat teen korrupsie gewaak moet word. Didiza het gesê mense kan aansoek doen om die grond vir 30 jaar by die staat te huur met die opsie om dit dan later te koop. Voorkeur sal aan vroue, die jeug en mense met gestremdhede gegee word.

Mense wat reeds drie tot vyf jaar ondervinding van boerdery het, sal ook voorkeur kry, het die minister gesê. Die begunstigdes, wat jaarliks of maandeliks ’n huurbedrag moet betaal, mag die grond nie aan ander mense uitverhuur of oordra nie. “Die grond bly die eiendom van die staat,” het die minister gesê. “Die begunstigdes moet alle verbeteringe wat hulle aanbring, aan die departement bekend maak.” Sowel Didiza as Mcebisi Skwatsha, haar adjunk, het toegegee daar sal mense wees wat op korrupte wyse die beskikbare grond wil bekom, maar hulle het belowe dat streng teen die korruptes opgetree sal word. 

Die regering wil met sy nuwe meesterplan vir die landbou en landbouverwerking (AAMP) onder meer werk verskaf aan 317 500 nuwe boere, 10 000 voorligtingsbeamptes en 63 500 ander entrepreneurs. Voorkeur moet verleen word aan vroue (50%) en die jeug (40%). Van dié grond wat oorgedra is, het 87% geen waterregte gehad nie. Hiervan was 81% geskik vir vee, 12,4% vir gesaaides en 4,5% vir tuinbou. Met die oog op die uitvoering van die meesterplan word beoog om voorligtingsdienste uit te brei van die huidige 1 voorligtingsbeampte vir elke 850 boere na 1 vir elke 250 boere. Terselfdertyd sal aandag geskenk word aan infrastruktuur soos water, besproeiing, opbergingsgeriewe en kolleges. 

Hierdie is baie goeie nuus- maar elke elke keer as die staat met een of ander insiatief kom, dan is daar korrupsie ,gulsigheid en nepotisme betrokke.  Die regering het hierdeur bewys dat hy in besit van grond wil bly- en sy eie mense nog wil beheer- Dit sal baie meer effektief wees om die kaart en transport van die plase aan die vooornemende eienaars te gee en hulle daardeur te bemagtig. Daar is baie min goed wat die regering suksesvol afgehandel het- 

Annette Steyn, DA-woordvoerder oor landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, sê die DA is bewus van sommige boere wat al jare lank op staatsgrond boer, wat kennisgewings gekry dat hulle die plase moet verlaat.  Steyn sê in ’n verklaring die regering se beleid oor die beskikbaarstelling van staatsgrond wat in 2013 aanvaar is, is nooit behoorlik in werking gestel nie. Die gevolg is dat baie van die boere wat op dié grond boer die gevaar loop om van die grond afgesit word omdat ’n amptenaar kan besluit die grond word nie behoorlik benut nie.

AfriForum die regering se erkenning dat bykans 900 plase onderbenut word of ongebruik is, bevestig dat die regering se pogings om meer radikale grondhervorming in die vorm van onteiening sonder vergoeding deur te voer, op ’n ramp afstuur. Ernst Roets, die organisasie se hoof van beleid en aksie, sê die feit dat die grond in die vorm van 30 jaarhuurpagte beskikbaar gestel word, maak dit duidelik dat dit nie die regering se doel is om grond in private eienaarskap te vestig nie.

Landbou organisasies en maatskappye spandeer baie geld en tyd aan opkomende landbouers waarvan baie reeds suksesvol boer. Ons landbouers is lankal al reeds deel van 'n opbou en opheffingsprogramme vir beginnerboere.

Voor ons le 'n nuwe seisoen met die vooruitsig dat dit 'n goeie reenseisoen gaan wees- Daar is is nog steeds groot gedeeltes in ons land waar dit baie droog is en dit net nie reen nie. Die regering het ook hier sy plig versuim om hierdie landbouers en die inwoners by te staan. 

Ons landbouers slaap nog steeds onrustig en moet 24 uur hulleself en hulle families beskerm teen aanvalle van lafhartige kriminele wat gedryf word deur een of ander organisasie wat weldra in die lig sal kom. Die regering maak uitsprake in die media maar niks kom daarvan om ons landbouers te beskerm nie. Dit is duidelik dat ons landbouers hulle self sal moet beskerm en daardeur oor maak self die ondersoeke doen, want dit word nie afgehandel nie- Landbouers in Suid Afrika gaan uit hulle pad om hulle werknemers te beskerm en om te luister na hulle probleme en dit op te los. 

Die swaard van grondonteiening hang nog steeds oor ons landbouers se koppe- en as mens dink aan al die korupsie wat plaasgevind het onder Covid en nog ander - wat gaan gebeur met grondonteiening in die land.

Landbou verander daagliks en ten spyte van al hierdie negatiwiteit is ons landbouers nog steeds aan die werk- en gaan hulle vorentoe en groei saam met alles wat verander.

Tegnologiese ontwikkeling word gesien as die derde grootste risikofaktor in die volhoubaarheid van ondernemings. Boere moet kan onderskei tussen kaf en koring. Aan sommige dinge kan min gedoen word, maar aan ander wel – soos grondhervorming. 

Landbou maatskappye is goed gevestig en lewer uitstekende diens aan ons landbouers- ook hulle is bereid om saam te werk aan 'n oplossing vir Suid Afrika se grond probleem. Daar is buitelandse maatskappye wat graag in Suid Afrika se landbouers wil bele met nuwe landbou masjinerie en toerusting. 

Suid Afrikaners sal moet hande vat en sterker standpunt inneem vir die beginsels wat Suid- Afrika vorentoe sal neem. Dit sit nie elke man se broek om suksesvol te boer nie- jy moet kan vasbyt, vertrou en beplan en heeltyd planne maak. Boere is doeners en nie praters nie- deur alles heen het ons landbouers weer gesorg vir kos om te eet-  Mieliepap wat Suid Afrika en Afrika se gunsteling maal is- is weereens in oormaat geproduseer. 

Daar le baie werk voor- 2050 is nie ver nie.

Voor ons le 'n nuwe seisoen-  Dis nou tyd vir alle boere om saam te staan en eenheid in landbou te kry en daarmee saam hierdie mooi bedryf te beskerm wat deur soveel jare deur geslagte opgebou is. 

Johann Pretorius CRA Media

Translate to German, Spain and French