"LOCKDOWN" - Dit verwoes die ekonomie verder en ook gesonde mense se lewens.

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Dink 'n biejie vir jouself- 'n paar weke terug en stel jou voor dat iemand die volgende vir jou sê: binne 'n maand sal skole gesluit wees.

Byna alle openbare byeenkomste word gekanselleer. Honderde miljoene mense regoor die wêreld sal werkloos wees. Regerings gaan van die grootste ekonomiese stimuluspakkette in die geskiedenis uitgee. Landhere gee uitstel of afstel op huurgeld  of banke verhaal nie betalings vir 3 maande nie, en haweloses bly gratis in hotelle en sentrums... en daarmee saam nog 'n klomp ander dinge.

Groot wêreld lande werk saam - met verskillende grade van ondersteuning - Mense leer om ten minste twee meter van mekaar te staan- maskers te dra en hulle hande stukkend te was met ontsmettingsmiddels.

Supermarkte se rakke is leeg - Toiletpapier is witgoud - Vitamine C is die redding vir die Virus en onverkrygbaar - ontsmettingsmiddels is die nuwe besigheid ontdekking van die jaar en kondome, drank en sigarette kan nie gekoop word nie. 

As landburgers onderwerp die meeste van die bevolkiing hulleself aan die reels en regulasies- terwyl 'n ander deel van die bevolking hulle nie veel steur aan die maatreels nie en net aangaan met hulle normale lewe- asof niks fout is nie. Alles in die media en die sosiale media word oorheers die Covid- 19 - terwyl Suid Afrika elke dag verder in die modder insak agv van die  Covid - 19 maatreels en die plundering en korrupsie van staatsdepartemente in die verlede gaan waarskynlik te wyte wees aan die Corona of Covid 19.

Dit is 'n feit dat ons daaraan gewoond is om te hoor dat demokrasieë nie in staat is om vinnig, of hoegenaamd, groot skuiwe te maak nie. Maar hier is ons. Enige blik op die geskiedenis toon dat krisisse en rampe voortdurend die weg gebaan het vir verandering, dikwels ten goede. Die wêreldwye griepepidemie van 1918 het gehelp om nasionale gesondheidsdienste in baie Europese lande te skep. Die twee krisisse van die Groot Depressie en die tweede wêreldoorlog het die weg gebaan vir die moderne welsynstaat.

Maar hierdie pandemie het baie meer agter dit- as net 'n gewone griep- Die wereld gaan anders wees na die sogenaamde griep pandemie en dit gaan dalk meer mag in die regering se hande gee- mense meer beheer en daar gaan meer gekyk word  met wie hulle handel gedryf word - Daar is is nog baie meer en te veel om op te noem- en dit sal met die tyd die lig sien. Die belangrikste is dat elkeen van ons vry moet wees om te lewe, besigheid te doen en te beweeg sonder om deur die staat beheer te word.

Rampe en noodgevalle werp nie net lig op die wêreld soos dit is nie. Dit laat die stof gaan le en maak normaliteit oop. Deur dit wat oopgaan, kyk ons ​​na ander wêreldlande . Sommige denkers wat rampe bestudeer, fokus meer op alles wat verkeerd kan gaan. Ander is meer optimisties en skep krisisse, net in terme van wat verlore gaan, maar ook wat moontlik opgedoen kan word. Natuurlik is elke ramp anders, en dit is nooit net die een of die ander nie: verlies en wins bestaan ​​altyd saam.

Slegs wanneer alles verby is, sal ons weet wat ons getref het. Maar die vraag is nog steeds- is hierdie 'n regte virus of is dit geskep om die finansieele krises wat tans in die wereld heers te verbloem-  

Daar is so baie vrae- en ons moet onthou, ons lewe in 'n wereld waar mag, korrupsie en gulsigheid baie mense in topposte beheer. 

Op die oomblik gaan alles oor mediese sorg. Voedsel en mediese en gesondheidssorg maatskappye skep op die oomblik baie geld, terwyl ander salaristrekkers van die huis werk en eenman sake en ander bedrywe ook vasgehok sit, en nie weet of hulle nog 'n besigheid gaan he na die 21 dae van inperking verby is nie. Die regering se hulppakkette gaan dalk nie vinnig uitbetaal nie- en daar kan dalk redelik rondslomp wees.

Mense wat vir hulleself werk, wil nie in die oe van die regering kyk vir hulle geld nie- hulle wil self werk en self hulle inkomste verdien- dis waarom hulle eenmansake en sogenaamde klein besighede genoem word. Hierdie mense  werk hard en gee werk aan duisende mense en as die regering langer die spesifieke maatreels gaan toepas, gaan daar nie meer werk of 'n besigheid wees nie. Wees verseker dat hierdie mense, ook nie maklik gaan le nie. 

Ons Landbouers in Suid Afrika werk en produseer nog steeds voedsel, maar ook onder die reels en die regulasies van die regering. Dis nie maklik nie, want daar is baie dienste wat opgeskort is. Die landbousektor is 'n belangrike dryfveer vir die ekonomie en is baie afhanklik van internasionale handel. Aangesien hulle in die voedselvoorsieningsketting is, sal hulle 'n bedryfsvlak handhaaf, hoewel luukse landbouprodukte met al die markte wêreldwyd ook voor 'n resessie of inperking sal skade lei, terwyl stapelvoedsel meer veerkragtig sal wees. Ons landbou leiers, organisasies en maatskappye doen baie om die verspreiding van die pandemie teen te werk en landbouers en hulle werkers is goed toegerus. Maar nog steeds is daar nie algehele vryheid om ten volle die voedselketting te dryf nie. Gelukkig het Suid Afrika nie voedsel tekort nie- maar die verwerking daarvan kan op een of ander stadium 'n probleem word. 

Wanneer die staat die reg op vrye beweging verwyder, ontbloot dit die mislukking van “die mark” om genoeg voedsame kos aan die meerderheid in die wêreld se ongelykste samelewing te bied. Die inperking bring dié reeds ondraaglike situasie na vore. Optrede is nóú nodig. Wat ook al die vlak van kommersiële voedselproduksie sou wees, die vermoë van ’n groot deel van ons bevolking om daardie kos te koop, word vernietig. Die vraag na kos is ’n politieke kwessie, en ons hoor reeds weergawes van “geen kos, geen inperking”.

"Die huidige inperkingsmaat reëls is drakonies en die regering moet meer ekonomiese vryhede toelaat", sê dr. John Purchase, uitvoerende hoof van Agbiz.  

Hy dien ook in die ekonomiese komitee van Business for South Africa, wat tot stand gebring is om die Covid-19-krisis te help hanteer. “Kyk maar wat internasionaal gebeur – jy kan dit nie sommer net ophef nie. Maar ons hoop die regering sal van die maatreëls verslap. Soos dit nou daar staan, is dit baie drakonies. Ons moet meer ekonomiese aktiwiteit aan die gang kry – miskien iets soortgelyk aan wat afgekondig is voor die 21 dae-inperking waar die risiko vir infeksie nie so hoog is nie. “Die regering sal ook moet gaan kyk na die risiko- en beloning-aspek daarvan en meer persoonlike en ekonomiese vryhede toelaat. Maar daar sal steeds heelwat beperkings soos byvoorbeeld op groot byeenkomste moet geld. “Kyk, die regering alleen gaan ons nie red nie. Die regering besef dis 'n kritieke tyd en as hulle nie nou met die sakewêreld saamwerk nie, gaan dit groot probleme veroorsaak,” sê Purchase. Soos talle ander kundiges maan hy die ergste lê nog voor vir Suid-Afrika met die winter wat kom en dat die land waarskynlik eers ’n afname in die infeksiekoers sal beleef wanneer dit warmer word.Die organisasie is verheug dat informele handelaars weer mag sake doen. “Voedselsekerheid in die informele mark is noodsaaklik,” sê hy.( aldus NW 24) 

Die vermoë van die kommersiële landbousektor om tydens die inperking die land van voedsel te voorsien, onderstreep opnuut die belangrikheid van eiendomsreg en die behoefte om dit te alle tye te eerbiedig en beskerm. Die landbousektor is egter die sleutel om die ekonomiese uitdagings te bowe te kom. Beleidsekerheid lê die fondament daarvoor.

Oral in die wêreld lei leë winkelrakke tot vrese dat daar binnekort nie genoeg kos beskikbaar gaan wees nie omdat die Covid-19-inperkings kommersiële voorraadkettings ontwrig het. Dít is nie die grootste gevaar in Suid-Afrika nie. Die vooruitsig waarvoor ons staan, is vol winkelrakke, maar mense buite wat nie toegang daartoe het nie.'

"Wat duidelik is,is dat Suid Afrika nie een dag langer as 21 dae uit besigheid kan bly nie- meer verslappende effektiewe maatreels moet ingebring word en alle besighede moet toegelaat word om besigheid te doen".

Dalk moes die regering eers mense duidelik opgelei het in die moets en moenies van die verspreiding van die virus - want dit is duidelik dat 'n groot deel van die bevolking of vergeet het van higiene is, of nooit dit geleer is nie -Afstand was nog altyd 'n probleem dwarsoor die wereld en mense drom nog altyd saam of staan te  na aanmekaar in die openbaar- veral in Suid Afrika waar jy gewoond is om in rye te staan vir diens.

Oral word mense in spasies ingedruk en 'n vliegtuig en taxie is 'n groot voorbeeld. Saam met dit gaan ook skole, kerke en sportbyeenkomstes. Daar is aansienlike druk van die sakebedryf af om die inperking te verslap gegewe die baie ernstige impak op die sakesektor en om noodsaaklike dienste soos kos en medisyne aan mense te versprei wat nie geredelik toegang daartoe het nie. As Suid-Afrika se grendeltyd met nog twee of drie maande verleng word, gaan mense honger ly, gaan maatskaplike en politieke spanning losbars en gaan mense winkelsentrums stroop.

"Dit is jou as mens se verantwoordelikheid om jou denke en jou gesondheid instand te hou  - nie die medieseberoep of regering nie-. Dit wat jy eet en drink bepaal in meeste gevalle jou gesondheid".

Intussen lyk dit of die geweld waarmee sekere lede van die weermag die maatreels toepas meer verdeling as vrede bring Dit was ’n ernstige fout om die weermag saam met die polisie te ontplooi omdat die weermag opgelei is om ’n “vyand” uit te wis. Die kombinasie van mense wat van hul inkomstebronne afgesny is, vasgekeer is in hul woonplekke, nie toegang het tot kos nie en deur gewapende magte gekarnuffel word, skep die ideale toestande vir grootskaalse geweld en moeilik beheerbare strooptogte. 

Vir ontleders in hierdie  krises was die voorbeeld van die finansiële ondergang in 2008 groot. Maar waar 2008, volgens baie sienings, 'n nederlaag was - met die breë publiek wat baie prysgegee het terwyl net 'n klein groepie mense winsgewend geld gemaak het - Die Covid-19 maak  moontlik die deur oop vir politieke vooruitgang in sekere lande met hulle bestuur van die krises,  maar ook om 'n rede te soek vir nog 'n wereldwye finansieele krises wat onafwendbaar is.

Die miljoene mense wat tans in"lockdown" is en die maatreels gehoorsaam, wil werk- en hulle wil gesond bly- en sal gesond bly- want hulle neem verantwoordelikheid van hulle gesondheid. Deur hierdie wetgehoorsame burgers in die samelewing vry te laat sal hulle sorg dat ander ook die maatreels nakom- soos onder andere- afstand te jou- maskers te dra en hande te was- maw goeie higiene- Saam met dit gaan die ekonomie weer aan die gang kom en gaan baie ander dinge in plek geplaas word. Die regering doen tans nie sleg met hulle optrede nie- maar om verantwoordelike gesonde mense te hok is ook nie gesond nie, want daar is reeds ander probleme wat hieruit voorspruit. 

Daar is baie probleme wat onstaan met "lockdown" en elke mens het sy eie siening en in die dae wat volg sal ons dit beleef.  Niemand is ongevoelig teenoor enige mens wat siek is en wat besmet is met die virus- of wat nog kan gebeur nie. Ons weet dat ons besmetting moet keer- maar ons weet ook dat ons hierdie swak ekonomie ook moet keer en regmaak. 

Ons lewe in onseker tye- hierdie is vir feitlik almal van ons 'n "eerste" en so ook vir die regering en al die slim mense met hulle dik brille. Dis nie maklik om hierdie situasie te bestuur nie- daar is nog vele ander probleme wat ook aangespreek moet word, waarvan ons nie altyd bewus is nie. 

Daagliks word daar statistiek bekendgemaak oor die virus - Infeksies- toetsings ens- maar daar is ook 'n kaart beskikbaar wat wys waar die mense die minste die reels en regulasies nakom. En dis in die gebiede waar die regering drasties moet optree maar ook die mense inlig oor die verspreiding van die dodelike virus en die voorsorg wat getref moet word. 

Wat gaan gebeur in die toekoms ,hang af van die optimiste se vermoë om sulke oomblikke van solidariteit in die breër politieke sfeer te versprei, met die argumente dat dit geen sin het om Covid-19 aan te spreek sonder om ten minste ook al die ander dinge te probeer regstel en 'n wêreld te skep waar ons hulpbronne meer vir mense doen as vir die regering nie.

Ons het nie eens 'n taal vir hierdie emosie van onsekerheid,alleenheid,twyfel, hartseer,paniek,angs moed en vrees vir die onbekende - Daar is baie min mense wat al in so situasie was- Dis vreemd-  Ons kan nie 'n ramp verwelkom nie, maar ons kan die antwoorde, prakties en sielkundig, waardeer en probeer oplos- Maar daar is tye wat jy met jou kop ook moet dink en nie net met jou hart nie. 

So word die Corona-gesprek 'n gesprek heelwat breer as die virus en sy uitspeel. Dit raak die toekoms van volkere, state en selfs die internasionale gemeenskap. Dit raak verhoudinge, werkswyses en strukture. 

Ons word toenemend op onsself aangewese in hierdie uitdagende tye. Juis hierin lè ons hoop vir die toekoms en nie by diegene wat ten alle koste in die huidige omstandighede die geleentheid sien om die strydpunte van die verlede te heraktiveer nie. Dit is n tyd vir brûe bou en vergewe en vergeet en uit jou pad gaan om mede-burgers in die tyd te ondersteun en by- te -staan. 'n Belangrike oomblik van waarheid.

Die regering verkeer reeds onder bykans onmoontlike druk met verdere afgraderings, eskalerende skuldlas, werksonsekerheid en onregeerbaarheid. Dis vir duidelik dat die staat selfs sonder die Corona-uitdaging nie die mas kon opkom nie en nou onder verdere druk verkeer.

"Suid Afrika se ekonomie kan nie net aan en afgeskakel word nie- Die implikasies van die 21 dae wat dit so te se afgeskakel is gaan lank vat om in te haal".

Dis onseker of die Suid-Afrikaanse regering meer of minder bekwaam uit die korona-krisis sal tree. Dis veiliger om te wed daarop, dat die gety aan’t draai is in die guns van Solidariteit en ander se inisiatiewe, na die lokalisme van gemeenskappe van vlees en bloed.

Dit kan voel of ons met 'n hoender- eier situasie sit- maar op die stadium is nugter denke noodsaaklik. Wat ookal besluit word moet gedoen gedoen word in belang van almal en niemand moet in die proses bevoordeel or benadeel word nie. 

Die wêreld voel op die oomblik vreeslik vreemd, nie omdat dit so vinnig verander het nie, maar ook omdat enigeen van ons op enige tydstip kan siek word, of die virus al dra, sonder enige wete.

Dit voel vreemd, omdat die grootste dinge altyd op enige oomblik kan verander. Hierdie eenvoudige waarheid, beide destabiliserend en bevrydend, is nie maklik om te vergeet.

Ons kyk nie na 'n fliek nie: ons skryf een- saam tot aan die einde. Die ander probleem is- ons kan nie die bedreiging met die oog sien  nie .

Dis nou tyd om uit te reik- om lesse te leer en om meer om jou te kyk, en die wereld  'n beter en skoner plek te maak. 

Johann Pretorius - CRA GROUP