Aartappels word wêreldwyd as een van die veelsydigste groentes erken en dis boonop ook die gewas wat op die meeste plekke oor die wêreld heen verbou word. Aartappels Suid-Afrika onthul die waarheid agter ’n paar mites oor dié gewilde groente.
Volgens Aartappels Suid-Afrika word sowat 2 miljoen ton aartappels jaarliks in Suid-Afrika geproduseer op ’n totale oppervlak van sowat 50 000 hektaar. Met sulke hoë volumes wat opgelewer en eindelik deur Suid-Afrikaners verbruik word (slegs 8% van ons aartappels word uitgevoer), is dit hoog tyd dat ’n paar algemene wanbegrippe omtrent aartappels opgeklaar word:
Aartappels is bekend daarvoor dat dit jou van jou daaglikse kalium-inname voorsien en bied trouens meer kalium per porsie as piesangs. Saam met die hoë kaliumvlakke maak die lae natriuminhoud van aartappels dit ook ’n goeie maaltydopsie vir mense met hoë bloeddruk.
Die gewildheid van aartappels gaan terug na die 16de eeu toe dit ’n stapelvoedsel op skepe was tydens lang ontdekkingsreise. Vandag word daar jaarliks meer as 300-miljoen metrieke ton aartappels deur meer as 1-miljard mense regoor die wêreld geëet. Boere glimlag van oor tot oor hieroor. Saam met rys, koring, mielies en sorghum, is aartappels stapelvoedsel veral in ontwikkelende lande.
Die aartappel het sy veroweringstog in Europa voortgesit en Brittanje en Italië omtreeks 1585 bereik, België en Duitsland teen 1587, Oostenryk omstreeks 1588 en Frankryk teen nagenoeg 1600. Toe Jan van Riebeeck se Nederlanders in 1652 aan die Kaap aankom om honger matrose onderweg na en van Indië te voed, was die aartappel reeds ’n bekende gewas vir die Europeërs.
Die gewildheid van diëte wat juis aartappels uitsny en die steeds stygende prys van aartappels weens die droogte, het wel daartoe gelei dat minder mense aartappels begin koop het.
Skyfies, kapokaartappels en sulke lekker dinge is dermate ’n deel van ons eie lewe dat ’n mens kwalik kan glo dat die Westerse wêreld die aartappel maar eers in die sestiende eeu leer ken het.
Daar word meer as 80 aartappelkultivars in SA verbou. Baie daarvan word aan Suid-Afrikaners verkoop, maar drie uit elke vier verbruikers is heeltemal onbewus van hoe die inhoud van voedingstowwe van die produkte wissel.
Die mark word oorheers deur die kultivars Mondial en Sifra. Die Mondial-aartappel is ovaalvormig, terwyl Sifra-aartappels ronder en hul vlees meer botteragtig is. Lanorma-aartappels het eers onlangs hul verskyning gemaak en raak gewilder.
In Europa is Maris Peer-aartappels die gewildste en Amerikaners verkies die Russet Burbank-aartappel.
Aartappels is ryk aan voedingstowwe en ‘n wye verskeidenheid disse kan daarvan gemaak word. Dié gewas gaan nog lank deur boere geplant word en verslankers moet miskien twee keer dink voor hulle dit summier van die tafel af vee!
Die navorsers het as deel van hulle studie na die verskillende soorte aartappels in Suid-Afrika gekyk en gefokus op die natuurlike biodiversiteit en die uitwerking daarvan op menslike diëte. Hulle het bevind dat daar beduidende verskille tussen die voedingswaardes van verskille soorte aartappels is.
Dié verskille verklaar waarom sommige aartappels nie sag kook nie, terwyl ander spontaan disintegreer terwyl hulle gekook word. Benewens die aartappel self, is die voedingsinhoud daarvan ook met dié van ander groentesoorte vergelyk.
Die aartappelnavorsing het aan die lig gebring dat wat gesondheidswaarde betref, baie aartappelsoorte goed met die ander sogenaamde superkossoorte vergelyk. Piesangs is byvoorbeeld alombekend as ’n uitstekende bron van kalium – iets wat help om bloeddruk te reguleer.
Aartappels wat vars uit die grond kom, bevat 78 persent water, 18 persent stysel, 2,2 persent proteïen, 1 persent as (nie-organiese bestanddele) en 0,1 persent vet. Sowat 75 persent van die droë gewig is koolhidraat. Die aartappel is ’n belangrike bron van styfsel vir die vervaardiging van kleefstowwe en alkohol. Dit bevat ook die vitamiene A, B en C en ’n bietjie yster, fosfor, kalsium en eiwit. Daar is honderde variëteite.
Net soos alle ander plante het die aartappelstoel wortels en ’n stam of stingel wat bokant die grond groei. Maar ook onder die grond is daar stingels of uitlopers, en aan die punte van hierdie uitlopers of ondergrondse stingels vorm daar swelsels of knolle wat ons aartappels noem.
Drie tot ses knolle vorm aan die ondergrondse stingel, hoewel daar by party variëteite selfs tien tot twintig kan wees. Die aartappel wat ons eet, is dus eintlik nie die plant se vrug nie, maar ’n deel van die plant se stingel.
Aarateppel -goed soos hulle is—het ook ’n donker sy. Bly weg van enigiets groens aan ’n aartappel... die blare, die stingels, enige groenverkleurde skille! Die knolle moet in donker, droë plekke geberg word. Lig sal veroorsaak dat solanien op die skil van ’n aartappel vorm. Hoewel hulle nie sommer ernstige skade sal aanrig nie, kan aartappels met groen skille dalk bitter smaak en tot tydelike ongemak met die spysvertering lei.
As jy ’n groen skil aan ’n aartappel vind, dop dit eenvoudig af. Behou soveel van die res van die skil as wat moontlik is, want dis hier waar die meeste van die vitamiene lê. Aartappels is een van die voedsaamste stapelvoedsels wat die mens nog ontdek het. Met melk daarby kan dit ’n kragtige en gesonde bron van energie, vitamiene en minerale wees—in sowel tye van oorvloed as in tye van ontbering.
Daar is baie artikels al geskryf oor Aartappels en baie resepte is beskikbaar- maar as jy regte egte boerseun is- dan is daar niks so lekker soos lekker gebakte Aartappels, Vars skaapboud en rys en sous nie... dis wat Suid Afrika se lekker maak.
Johanel ANN
Inligting- Mieliestronk en ander bronne.