Welcome2theREALworld - South Africa

User Rating: 5 / 5

Star ActiveStar ActiveStar ActiveStar ActiveStar Active
 

Welcome2theREALworld, is ‘n program om jong volwassenes te help besluit of en wat hulle wil studeer, en terselfdertyd toe te rus om uit te staan bo ander wat ook in die arbeidsmark meeding.

Ouers wil net die beste hê vir hul kinders, en ons wil verhoed dat ons kinders dieselfde foute maak as wat ons gemaak het, maar ongelukkig weet jongmense nie altyd wat presies hulle uit die lewe wil hê nie. Jy kan vir jouself baie geld spaar en jou kind se selfbeeld en eiewaarde beskerm om hom of haar die geleentheid te bied om eers intensief vir ‘n paar weke tyd te spandeer om te ontdek wie en wat hulle is en wil wees.

Welcome2theREALworld is enig in sy soort en is passievol daaroor om studente die vaardighede te leer dat hulle self veranwoordelikheid neem om hul drome te realiser.

Die wêreld het verander en die tempo van verandering neem toe, wat beteken dat ons jongmense moet anders leer dink, en selfs professionele persone sal ‘n entrepreneursdenkwyse moet ontwikkel.

Forbes dui aan dat jongmense moet glo in hulle eie vermoë om hul toekom te skep en te dryf. Hulle moet oor die vermoë beskik om berekende risiko’s te neem en laastens moet hulle oor die vaardighede beskik soos selfvertroue, deursettingsvermoë (mental and emotional resilience) en moet hulle gemotiveer wees om innoverend op te tree in die gesig van uitdagings. Dit is vir ons by Welcome2theREALworld belangrik dat studente aan die einde van die 1-week intensief ‘n daadwerklike plan het wanneer hulle die wêreld van werk/studies betree. Die 5e Industriële Revolusie vereis innovasie, doel (purpose) en inklusiwiteit.

 Welcome2theREALworld is spesifiek daarop gefokus om selfkennis, indiensnemingsvaardighede, effektiewe kommunikkasievaardighede en entrepreneurskap te bevorder by jong volwassenes.

Daar is ‘n ongelooflike behoefte dat jongmense lewensvaardighede en sakevernuf, wat hulle nie noodwendig op skool of Universiteit leer nie, aanleer en inoefen. Hierdie tipe vaardighede is wat hulle gaan onderskei van ander jongmense: dit is om met selfvertroue  by ‘n onderhoud op te daag of om ‘n aksieplan na te volg sodat sy of haar eie unieke doelwitte en lewensdrome bereik kan word.

Klein stappies sukses kondisioneer die student vir sukses, en om foute te maak is nodig sodat leer kan plaasvind. Die 12 weke mini MBA help student neuronbane bou, hul verwysingsraamwerk verbreed in terme van persoonlike en professionele ontwikkeling terwyl hulle vaardighede soos tydsbestuur, selfbestuur, kommunikasievaardighede te ontwikkel.

Tydens die 1 week intensief en daaropvolgende afrigtingsessies word die jongmense die geleentheid gebied om net op hulself te fokus, om ingeligte beroeps- of loopbaankeuses te maak, metodes vind om hul CV te bou en onderhoud- en onderhandlingsvaardighede aan te leer en in te oefen.

“Die belangrikste van alles is om ‘n sinvolle, betekenisvolle lewe te skep wat belyn is met jou sin van lewensdoel en outentieke waardesisteem wat nie geprekondisioneer is deur die samelewing nie,” sê Reneé Van Wyk, die stigter van Welcome2theREALworld. “Ons leer hulle hoe uiters belangrik dit is om vir jouself visie, of ‘n “future pull” te skep, hoe om emosioneel bo die lyn te anker, met selfvertroue voor mense te praat en hulself te verpak met ‘n persoonlike handelsmerk (“personal branding”) wanneer hulle vir onderhoude gaan of hulself op Sosial Media verteenwoordig.”

Intensiewe navorsing toon dat dit van kardinale belang is dat jongmense oor indiensnemingsvaardighede, loopbaanvindingrktheid en entrepreneursdenke beskik om suksesvol te kan funksioneer in hierdie tyd en era waarin ons leef, waar verandering die enigste konstante is.

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

WhatsApp Reneé vir meer inligting 064 765 0092